Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

SANParks Steytler Cottage

Selfsorg
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R27, Weskus Nasionale Park, 7357, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 692 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

SANParks Steytler Cottage is in die Weskus Nasionale Park, 'n kort entjie se ry van Kaapstad af. Daar is wit sandduine, skaars fynbos, 'n potblou strandmeer, groen vleiland en rollende branders wat 'n treffende natuur-ervaring verseker. Die park is 'n paradys vir natuurliefhebbers wat wil voetslaan, fietsry en voëlkyk.

Langebaan se strandmeer is net 'n entjie van die kus af by Saldanabaai se hawe en 1,5 uur se ry van die Kaapse middestad af. Dit is sowaar die fokuspunt van die Weskus Nasionale Park, maar dié park het ook ander besienswaardighede wat geskik is vir alle ouderdomme en vir diegene wat die natuur van nader wil bewonder.

Steytler Kothuis is onlangs opgeknap en bied selfsorgverblyf vir 2 volwassenes en 2 kinders by die Geelbek-stalle. Dié kothuis beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die kothuis het kragtoevoer. Daar is 'n dubbelbed in die slaapkamer en die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, ketel en 'n broodrooster. Die leefarea het 'n dubbelslaapbank wat slegs vir kinders geskik is en 'n kaggel wat ook as 'n braai gebruik kan word.

Die Geelbek Restaurant is in die park langs die prentjiemooi Langebaan-strandmeer geleë en bied 'n pragtige uitsig van die park, die strandmeer en die area met sy horison vol flaminke, voëllewe en wild. Hierdie Kaaps-Hollandse gebou is 'n nasionale monument en is bekend vir die kenmerkende Afrika-geure van sy disse. Onder die nuwe bestuur van Rassie Erasmus en sy span, bied hierdie restaurant 'n sensasionele fynproewers-ervaring met watertand-disse.

Slaapplek

’n Bespreking by SANParks Steytler Cottage sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Kinderbank vir 2
Area 1
Plek vir 2 persone
1 xKinderbank vir 2

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Badkamer

  • En-suite
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Kaggel
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 2 resensies vir SANParks Steytler Cottage
Netheid
5.0/5
Diens
3.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
3.5/5

Ligging

  • Langs die R27, Weskus Nasionale Park, 7357, Wes-Kaap
  • Gaste dink SANParks Steytler Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 692
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 692
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R27, Weskus Nasionale Park, 7357, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAvA9pdE6vCbvYIKCNXArQTfHvxX9swf8QK1od3349B8rv5f03i0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 692 per nag, vir 2 mense 2 5 1 5 Off the R27 West Coast National Park 7357 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -33.196051 18.123998