Santorini 106a

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Santorini 106a is ’n wonderlike selfsorg-eenheid vir 6 gaste in een van Margate se mees gesogte komplekse. Dit is loopafstand van die strand, visvangkaai en gewilde restaurante af.

Die woonstel het 3 slaapkamers en 2 badkamers. Daar is ook 'n kombuis wat volledig toegerus is en 'n wasmasjien. Die kombuis lei na die leef- en eetarea wat oor gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV beskik. Gaste moet hulle eie dekodeerder en slimkaart saambring vir DStv-toegang.

Die leefarea lei na 'n beskutte balkon met buitemeubels en 'n gasbraaier en hiér kan gaste pragtige see-uitsigte geniet. Die kompleks het 'n swembad en houtskool-braaigeriewe, en daar is 'n veiligheidswag aan diens. Elke woonstel in die kompleks het 1 aangewese parkeerplek.

Let asb. daarop dat studente of studente groepe nie toegelaat word sonder volwasse toesig nie. Partytjies word ook nie hier toegelaat nie. As ons vind dat jy 'n partytjie hou, of studente sonder toesig daar bly, beteken dit dat jy die kontrak verbreek. Jy sal sonder enige terugbetalings uitgesit word.

Slaapplek

'n Bespreking by Santorini 106a sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Santorini 106a gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za