Santos 43

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Santos 43 is 'n selfsorgwoonstel met 2 slaapkamers en pragtige see-uitsigte op die derde vloer van 'n veilige kompleks in Santos-strand, Mosselbaai.

Die woonstel het plek vir 4 persone: daar is 'n dubbelbed in die hoofslaapkamer en 2 enkelbeddens in die tweede kamer. Verder is daar twee badkamers met stort- en badgeriewe. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n vrieskas/yskas, stoof, oond, mikrogolf, ketel en 'n ontbyt-toonbank met stoele. Verder is daar 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër en die sitkamer is toegerus met 'n TV met DStv.

Skuifdeure lei na 'n klein stoep-area met see-uitsigte. 'n Gasbraaier word voorsien en daar is buiteparkeerplek met 24 uur-sekuriteit in die kompleks.

Slaapplek

'n Bespreking by Santos 43 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Santos 43 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false