LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Santos 44 | LekkeSlaap
+12

Santos 44

1 resensie
Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 20% af

Kry 20% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 19 Aug 2020 tot 30 Nov 2020.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1 George Pad, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 840 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Santos 44 bied gerieflike selfsorg-akkommodasie in Santosstrand in Mosselbaai. Dit is 'n drieslaapkamerwoonstel op die derde vloer met see-uitsigte.

Dié woonstel het 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -sitarea en -eetarea. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die kombuis is toegerus met 'n mikrogolfoond, 'n ketel, 'n broodrooster, 'n yskas, 'n oond en 'n stoof, 'n wasmasjien, 'n tuimeldroër en 'n skottelgoedwasser. Die sitarea beskik oor 'n TV met DStv. Gaste geniet toegang tot 'n balkon met ingeboude braaigeriewe. Daar is 'n wag op die perseel 24 uur 'n dag en gaste het toegang tot parkeerplek buite.

Santosstrand is 'n Blouvlagstrand wat in die gewilde vakansiedorp Mosselbaai geleë is. Die groot, oop strand bied uitsigte oor die baai en dis die ideale plek om walvisse en dolfyne vanaf Mei tot Oktober in die see te sien baljaar. Santosstrand is fantasties en ideaal vir 'n groot verskeidenheid watersport en -aktiwiteite soos paddle-ski, branderplankry, bootritte, duik en hengel. Santosstrand is ideaal geleë naby 'n hele rits restaurante en plaaslike besienswaardighede.

Slaapplek

’n Bespreking by Santos 44 sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Santos 44
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • 1 George Pad, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
  • Gaste dink Santos 44 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 840
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 840
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1 George Pad, Mosselbaai, 6506, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDhiMjEwMWI2LTk3YmItNDg0My1iODQ5LTMxM2ViOTI5NmY3OQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 840  per nag (plek vir 6) 1 5 1 5 1 George Road Mossel Bay 6506 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.178169169441 22.135965228081
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!