Savannah Game & River Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Savannah Game & River Retreat is 'n stuk ongerepte Afrika-bosveld van sowat 1000 hektaar en bied rustige en ontspanne verblyf. Gaste kan tussen 3 verblyfopsies kies: die gerieflike rustieke tent-chalets wat oor die bosveld uitkyk, en suite-gastekamers, of 'n rondawel met 'n uitsig oor die swembad. Doen gerus navraag oor doendinge soos wildritte, roei, stappies langs die rivier en veel meer! Die tariewe sluit ontbyt in.

Die lodge maak ook voorsiening vir groepe, ram- of hennepartytjies, konferensies, spanbou en enige funksie waaraan jy kan dink!

Al die eenhede het en suite-badkamers. Tee- en koffiemaakgeriewe word voorsien, asook haardroërs op versoek. Ontbyt, middagete en aandete word op die dek of in ons restaurant bedien. Daar is ook 'n kontantkroeg op die perseel. Gaste kan langs die swembad ontspan met 'n skemerkelkie of twee, of lekker braai in die Afrika-boma.

Savannah Game and River Retreat bied 'n tuiste aan tot 25 wildspesies soos buffels, swartwitpense, koedoes, kameelperde en meer. Gaste kan visvang al langs die visvangroete en ons het meer as 300 voëlspesies tot menige voëlkyker se vreugde.

Let daarop dat ons nie 'n selfsorg-instansie is nie, en gaste mag ook nie hul eie alkohol saambring nie. Die lodge word via 'n grondpad bereik.

Savannah het ook een van die beste trou-venues in die Vrystaat! Troupaartjies wat die groot dag hier meemaak het die hele 1 200 ha wild- en natuurreservaat eksklusief tot hul beskikking. Die opelug-kapel word omring deur reuse witstinkhoutbome en is op die oewer van die Vaalrivier. Jy kan "ja!" sê terwyl die rivier saggies verby kabbel en die sonsondergang die Vredefortkoepel se berge in helder rooi en oranje tooi. Die vreedsaamheid van die beeldskone omgewing omvou gaste in liefde en vrede wyl hul toekyk hoe 'n paartjie ewige trou verklaar. Hoor die roep van die visarend in 'n boom daar naby op soek na sy maat.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Skootrekenaar-projektor
  •  Skuifie-projektor
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Savannah Game & River Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za