Savannah House - Kruger Park Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Savannah House is 'n ten volle toegeruste huis in Kruger Park Lodge, 'n luukse gholflandgoed is op die oewers van die Sabierivier.

Die lodge bied akkommodasie vir 8 persone in 4 pragtige kamers, elk puik versier en met lugversorging. Daar is ook 2 en suite-badkamers. Die huis het 'n TV met sekere DStv-kanale en daar is 'n DVD-speler. Onder is die oopplan kombuis wat lei na die ruim sit- en eetkamer. Die volledig toegeruste kombuis het 'n vierplaatstoof, oond, skottelgoedwasser, mikrogolfoond, wasmasjien en tuimeldroër om jou verblyf so gemaklik as moontlik te maak. Ons bied ook 'n daaglikse skoonmaakdiens.

Buite is 'n braai en eetstel met 'n groot dek wat na die Sabierivier kyk en die skadu van die inheemse bome geniet. Ons het voorsiening gemaak vir al die bederfies wat sal verseker dat gaste 'n onvergeetlike selfsorgvakansie hier by ons sal geniet, en die fasiliteite van die Kruger Park Lodge.

Savannah House is die ideale plek om die pragtige deel van ons land te besoek. Dis naby aan al die pragtige besienswaardighede. Die Krugerwildtuin se Phabenihek is slegs 9 km ver.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Dienste

  •  Kamer daagliks skoongemaak

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Sitkamer

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Savannah House - Kruger Park Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 500 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za