Saxon Park Guest Cottages

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Saxon Park Guest Cottages bied gerieflike verblyf op 'n produserende plaas buite Ficksburg in die Vrystaat.

Die verblyf is apart van die hoofhuis en beskik oor 3 dubbelslaapkamers, 2 badkamers, 'n sit- en eetkamer, en 'n kombuisie.

Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die tweede en derde slaapkamers het onderskeidelik 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens, sowel as toegang tot 'n gedeelde badkamer. Die beddens word met topgehalte-linne opgemaak en in die winter word vere-duvets en bokhaarkomberse voorsien.

Die gemeenskaplike kombuis is toegerus vir selfsorg en ekstra geriewe sluit 'n braai-area, gratis WiFi en parkeerplek in. Koffie, tee, vars plaasmelk en tuisgebakte beskuit word voorsien.

'n Heerlike plaasontbyt word soggens in die hoofhuis se kombuis bedien en word by die tarief ingesluit. Gaste kan op die stoep of in die sit- en eetkamer met 'n groot versameling boeke ontspan.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wildritte

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Saxon Park Guest Cottages gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za