Tulbagh Akkommodasie by Schalkenbosch Wine Estate | LekkeSlaap
+33
+33

Schalkenbosch Wine Estate

  • Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Schalkenbosch-rylaan, Tulbagh, 0068, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Schalkenbosch Wine Estate is in die tuine van 'n statige Kaap-Hollandse heerhuis uit 1792, wat as nasionale monument verklaar is, geleë. Verblyf word in selfsorgkothuise en 'n drieslaapkamerhuis aangebied.

Die kothuise het almal kaggels en privaat braai-areas. Die Avonturier Kothuis beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers, en het slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 'n kinderbedjie wat 2 kinders kan akkommodeer.

Daar is ook 'n swembad waar die pragtige sonsondergang oor die vallei gesien kan word.

Die wynlandgoed het 'n 40 hektaar-wingerd aan die voorheuwels van die Witzenburgberge. Dit het 'n asemrowende uitsig oor die Tulbagh-vallei en is slegs ‘n uur en ‘n half se ry van Kaapstad af.

Vir die avontuurlustiges is daar kilometers van bergfiets- en staproetes. Die Cape Epic het in 2013 dié roetes gebruik. Die omgewing het 'n ryk voëllewe vir die voëlkykers wat 'n 'Big Year' aandurf.

Die bewaringslandgoed van 1000 hektaar is gestig vir die bewaring en rehabilitasie van die inheemse flora en fauna. Dit word deur Cape Nature beheer en speel 'n groot rol in die bio-diversiteit in Wine Initiative. Dié reservaat spog met diere soos sebras, luiperds, rooikatte, jakkalse, grysbokke en meer.

'n Goeie gehalte wyn word in die moderne kelder agter die hoofgebou geproduseer. Die wyn word meestal na die Duitse- en Sweedse-mark uitgevoer, maar gaste is ook welkom om dit aan te koop.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Wynkelder
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 15 resensies vir Schalkenbosch Wine Estate
Netheid
4.7/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Schalkenbosch-rylaan, Tulbagh, 0068, Wes-Kaap
  • Gaste dink Schalkenbosch Wine Estate het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 2)

Sien meer verblyf in

Tulbagh Boland Wes-Kaap
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Schalkenbosch-rylaan, Tulbagh, 0068, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAcPE6WspxC8uTYJfJOO4OBTJXthaH8bqNcRSK8K4FBTR8aT1SMY?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 000  per nag (plek vir 2) 15 5 1 5 Schalkenbosch Drive Tulbagh 0068 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-17:00 11:00 -33.313938551291 19.198934635582
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za