Schoon Huis Manor

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Schoon Huis Manor is 'n gastehuis wat deur 'n familie bestuur word in Kemptonpark. Dié pragtige kliphuis was Jenny Schoon, die moeder van die huis, se jarelange droom. Dit het 14 jaar geneem om te bou aangesien daar net een klipmesselaar was wie die messelwerk kon doen. Die aandag aan detail, tyd, moeite en liefde wat in die huis ingegaan het is sigbaar met aankoms.

Die gastehuis het 5 ruim en pragtig versierde kamers wat oor die tuine en swembad kyk. Elke kamer het 'n bed met Egiptiese katoenlinne, gemaklike kamerjasse en pantoffels, teemaakgeriewe, 'n Nespresso-koffiemasjien, DStv en 'n yskassie wat op versoek met produkte gevul kan word. Gratis WiFi is beskikbaar.

Parkeerplek met 24 uur-sekuriteit is beskikbaar. Die gastehuis het 'n swembad. 'n Lughawependeldiens is op versoek beskikbaar.

Schoon Huis is net 10 minute se ry vanaf O.R. Tambo Internasionale Lughawe en dis die ideale rusplek vir reisigers. Die gastehuis bied ook 'n bekoorlike en ontspanne verblyf-ervaring.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  DVD-speler
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Schoon Huis Manor gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 400 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false