Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Schoone Oordt Country House

B&B
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 22 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Swellengrebelstraat 1, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 720 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Schoone Oordt Country House is 'n klein, bekoorlike, plattelandse hotel in 'n lowerryke tuin in Swellendam in die Wes-Kaap. By hierdie Victoriaanse meenthuis is die fokus op luuksheid, elegansie, gehalte en aandag aan die kleiner dingetjies. Die huis is met liefde en toewyding opgeknap.

Verblyf is beskikbaar in 8 Luukse Kamers, 'n Wittebroodsuite en 2 Gesinsuites wat meer privaat en apart van die ander gastekamers is. Al die kamers is pragtig ingerig vir gaste se gerief en spog met unieke, gerestoureerde antiekware met 'n Victoriaanse gevoel om die gebou te komplementeer. Al die kamers het lugversorging, 'n yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe, satelliet-TV, 'n elektroniese kluis, ondervloerverhitting en verhitte handdoekrelings in die badkamers. Die beddens is met katoenperkallinne en donsduvets opgemaak en daar is geborduurde japonne en pantoffels vir daardie ekstra luukse afwerking. Die Luukse Kamers en Wittebroodsuite het albei kaggels.

Die herehuis spog met die mooiste, sonnige konservatorium wat in 'n ware Engelse-styl gebou is. Daar is 'n kaggelvuur-verligte kroeg en sitkamer, 'n intieme eetkamer en 'n tipiese plattelandse kombuis. Die warmte van die oorspronklike houtvloere, plafonne en deure én die antiekware skep 'n wonderlike, verwelkomende atmosfeer wat gaste aanmoedig om keer op keer terug te keer. Gaste kan ook in die sprankelende soutwaterswembad afkoel.

Maaltye word met baie liefde voorberei en in ware Schoone Oordt-styl bedien. Net die varsste en gehalte-produkte word sorgvuldig van plaaslike verskaffers aangeskaf, sowel as vars kruie en soms groente vanuit die gastehuis se tuin. Ontbyt is 'n fynproewersgeleentheid en dié plattelandse hotel het baie gewild geraak as gevolg daarvan. Gratis middagtee met tuisgemaakte sout- en soethappies word op sonnige somersmiddae bedien. In die winter word gaste met aankoms met 'n gratis peuselbord en 'n warm verwelkomingsdrankie verras.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Kroeg
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Portier
  • Speletjieskamer
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Wynkelder
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Wynproe

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 8 resensies vir Schoone Oordt Country House
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.6/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Alison Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 8

Jaar gelys 14

Ligging

  • Swellengrebelstraat 1, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
  • Gaste dink Schoone Oordt Country House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 720
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R3 720
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 22 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Swellengrebelstraat 1, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDc0Njg0NDc2LTZkZmMtNDBmOC1hNTczLTQ5ODAyMTgzMWIyNg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 720 per nag, vir 2 mense 8 5 1 5 1 Swellengrebel Street Swellendam 6740 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 11:00 -34.01618655036 20.449741552247
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem