Schoongezicht Country House and Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Naweekaanbod 15 % af

Kry 15% af vir verblyf tussen Vrydag en Sondag (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 16 Aug 2019 tot 1 Des 2019.

Beskrywing

Schoongezicht Country House and Cottage is in die prentjiemooi vallei Dal Josaphat aan die buitewyke van die Paarl geleë. Dit is ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike, volledig toegeruste verblyf, na aan verskeie doendinge in die Kaapse Wynlande.

Dié dubbelverdiepinghuis bied lieflike uitsigte op die berge en oor natuurlike damme en beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers. Twee van die kamers het en suite-badkamers en die derde kamer het toegang tot 'n aparte badkamer en 'n kaggel. Die huis het 'n goed toegeruste kombuis en daar is 'n waskamer wat gaste kan gebruik. Die leefarea is oopplan, die sitarea het gerieflike sitplek waar jy kan ontspan en daar is 'n TV vir vermaak. Geen WiFi is beskikbaar nie nie. Gaste kan gerus die braaigeriewe buite gebruik en daar is parkeerplek vir 2 voertuie.

Sarel's House is op dieselfde plaas geleë en het slaapplek vir 12 gaste as 'n groep wat die hele huis huur, of slegs individuele kamers.

Schoongezicht Cottage is net ’n klipgooi van die Country House en het 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die kothuis spog met uitsigte op die berge en oor die damme. Die hoofslaapkamer het ’n en suite-badkamer met ’n stort en die tweede kamer het ’n aparte badkamer met ’n stort. Die kothuis beskik oor ’n kombuis wat goed toegerus is en daar is ’n klein oopplan-leefarea en ’n sitkamer met gerieflike sitplek asook ’n TV. Geen WiFi is beskikbaar nie. Langs die kothuis is onderdak-buitebraaigeriewe asook onderdakparkeerplek vir een voertuig.

Schoongezicht Country House and Cottage is naby verskeie wingerde en wynproeplekke, geskiedkundige besienswaardighede, museums en restaurante, om maar 'n paar te noem. Buitelug-doendinge in die omgewing sluit uitstekende en uitdagende bergfietsryroetes, voetslaan- en drafpaaie, varswaterhengel (op 'n vang-en-vrylaat-basis) en perdry in.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Schoongezicht Country House And Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 R1 020 per nag (plek vir 4)

Kry 15% af vir verblyf tussen Vrydag en Sondag (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 16 Aug 2019 tot 1 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false