Scotties

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Scotties bied bekostigbare verblyf wat ten volle toegerus is vir al jou selfsorgbehoeftes. Ons is in 'n afgesonderde tuin aan die voet van die Helderberge geleë. Scotties is net 30 minute van Kaapstad af en 20 minute van Kaapstad Internasionale Lughawe af.

Die akkommodasie bestaan uit 'n kamer met 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer. Daar is ook 'n oopplan-sitkamer, kombuis en eetkamer. Daar is 'n TV met volledige DStv beskikbaar. Ontspan op die sondek of langs die swembad en geniet die panoramiese uitsig oor die Hottentots-Hollandberge. Veilige parkeerplek van die straat af word ook voorsien.

Ons is naby al die aksie wat die Helderberg-area het om te bied. Jy kan op daguitstappies gaan na Stellenbosch, Franschhoek, die Kaapse Skiereiland en ander omliggende areas. Daar is wêreldklas-gholfbane en uitstekende wynplase waar jy gerus 'n draai kan gaan maak. Verder is daar staproetes, natuurreservate, vooraanstaande restaurante en eetplekke om te verken. Scotties is slegs 5 minute van pragtige strande, winkelsentrums en rolprentteaters af.

Slaapplek

'n Bespreking by Scotties sluit in:

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Scotties gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false