Sea Breeze
Beskrywing
Sea Breeze is op die eienaar se perseel in die hawedorp Mosselbaai geleë. Die eenheid is naby die Van Riebeeck-sportgronde. Die dorp is bekend vir sy matige klimaat reg deur die jaar, goue strande en 'n verskeidenheid natuurlike-, kulturele- en historiese besienswaardighede.
Die ateljeewoonstel beskik oor 'n kombuisie, 'n slaaparea en 'n en suite-badkamer. Die kombuisie is met 'n yskassie, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die slaaparea het 'n dubbelbed en kasspasie. Daar is 'n stort, wasbak en 'n toilet in die badkamer. Let asb. dat dit 'n oopplan-eenheid is en die kombuisarea en badkamer vorm deel van die vertrek.
Gratis WiFi word voorsien en daar is veilige parkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek. Daar is ook 'n gemeenskaplike braai-area buite.
Let asb. dat daar nie 'n TV is nie. Gaste kan die gratis WiFi gebruik om te stroom of om DStv op hulle fone of tablet te kyk, mits gaste die apps het daarvoor.
Die eenheid het slaapplek vir slegs 'n maksimum van twee gaste.
Besienswaardighede in die omgewing sluit Botlierskop Wildreservaat, Garden Route Nasionale Park, wynlandgoedere, Bothastrand en die Groot-Brakrivier Museum in. Daar is ook doendinge, soos visvang, valskermsweef, duik, waterski, voetslaan, voëlkyk, walviskyk gedurende die seisoen en perdry.
Slaapplek
'n Bespreking by Sea Breeze sluit in:
Kenmerke
- Afrikaans
- Braaiplek
- Veilige Parkering
- Gratis WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Badkamer
- En-suite
- Stort
- Seep
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Kamergeriewe
- Klein Kombuis
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na Sea Breeze gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |