LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Sea Breeze Manor | LekkeSlaap
+27

Sea Breeze Manor

  • Kapasiteit: 24 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Barracuda Boulevard 677, Hibberdene, 4220, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 700 per nag (plek vir 24)

Beskrywing

Sea Breeze Manor is 'n selfsorghuis op die strandfront en 400 meter van die hoofstrand af in Hibberdene, KwaZulu-Natal. Die huis het slaapplek vir 20 - 24 gaste en is binne stapafstand van winkels. Geniet see-uitsigte vanaf die balkon op die eerste verdieping of ontspan op die patio wat oor die oseaan en swembad uitkyk.

Die 6 slaapkamers het almal of dubbelbeddens of enkelbeddens. Van die kamers het 3 of 4 enkelbeddens of stapelbeddens vir kinders. Die beddens kan teenmekaar geskuif word om nog dubbelbeddens te vorm indien nodig. Daar is 4 badkamers, 3 is en suite en die ander badkamer word gedeel. Die huis het 'n groot eetkamer en aparte leefruimte met 'n TV en sitplek vir 24 mense. Die kombuis is ten volle toegerus met twee yskas-vrieskaste. 'n Skoonmaakdiens is beskikbaar teen R100 'n dag.

Sea Breeze Manor is baie ruim en is ideaal vir groter families of groepe. Die patio is onderdak met buitemeubels en kyk uit oor die swembad en grasperk. Die swembad is naby die grens van die eiendom met 'n grasdak-lapa met 'n ingeboude braai en houtmeubels. Die swembad het 'n veiligheidsnet ter wille van klein kinders. Daar is 'n alarmstelsel in die huis en 'n huishulp is beskikbaar op versoek.

Daar is 'n gholfbaan ongeveer 2 km van ons af. Daar is waterglybane en mini-gholfbane net so 400 meter van die huis af.

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 12 resensies vir Sea Breeze Manor
Netheid
3.8/5
Diens
4.2/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • Barracuda Boulevard 677, Hibberdene, 4220, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Sea Breeze Manor het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 700
per nag (plek vir 24)
Vanaf R3 700
per nag (plek vir 24)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 24 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Barracuda Boulevard 677, Hibberdene, 4220, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDI4NDMyZTIxLThmYzQtNDJlYS1iOGRmLWI1NzY1YjU3ODRiZg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 700  per nag (plek vir 24) 12 5 1 5 677 Baracuda blvd Hibberdene 4220 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -30.57952359102 30.573115199804
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!