Sea Breeze Rock

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Lugtige Sea Breeze Rock staan hoog op Elsie's Piek en spog met panoramiese uitsigte oor Valsbaai en die omliggende berge. Dié ruim, sonnige huis word goed in stand gehou en is sentraal geleë.

Dit is 'n drieslaapkamerhuis wat perfek geleë is vir diegene wat wil verken of net lekker wil ontspan. Verskeie daguitstappies van hier af kan beplan word.

Die ruim leefarea maak oop op 'n reuse dek met eindelose uitsigte wat jou rustig sal stem. Die dek en die braaiplek is perfek geleë vir besoekers wat die luisterryke sonsondergange gade wil slaan.

Kyk gerus hoe die dolfyne en die walvisse gedurende die seisoen baljaar en hoe die seiljagte en die vloot se skepe vaar. Simonstad en sy bekoorlike doendinge is sowat 5 minute se ry en 5 minute in die teenoorgestelde rigting is Vishoek. Maak gerus ook 'n draai by die nabygeleë winkelsentrums Sun Valley en Long Beach.

Vir basiese benodigdhede kan gaste na die Glencairn winkels wandel en 'n lekker plaaslike koffie koop terselfdertyd. Jy ook sommer 'n draai by die see maak!

Daar is trappe na die huis, so dit is dalk nie die ideale verblyf vir diegene wat nie trappe kan klim nie.

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Koordlose Internet

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  DVD-speler
  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sea Breeze Rock gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 990 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za