Strand Akkommodasie by Sea Cottage Strand | LekkeSlaap
+28

Sea Cottage Strand

1 resensie
Selfsorg
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Van Der Spuy-straat 5, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 400 per nag (plek vir 7)

Beskrywing

Sea Cottage Strand is in die kusdorpie Strand en is slegs 550 m vanaf die Strand Pawiljoen en die hoofswemstrand.

Dié huis het slaapplek vir 7 en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Die derde kamer het 'n stapelbed en 'n enkelbed. Die tweede badkamer het 'n stort-oor-bad.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en 'n wasmasjien. Die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale en 'n DVD-speler.

Die leefarea lei na 'n patio-area met 'n ingeboude braai en 'n buitegastetoilet. Daar is 'n enkelmotorhuis en addisionele parkeerplek vir 1 voertuig langs die huis agter 'n veiligheidshek.

Die eiendom het ook 'n alarmstelsel en 'n stoorkamer vir fietse of branderplanke. Gaste is welkom om hulle troeteldiere saam te bring indien dit vooraf gereël word.

Slaapplek

’n Bespreking by Sea Cottage Strand sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed Stapelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 3 persone
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xStapelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 1 resensie vir Sea Cottage Strand
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Van Der Spuy-straat 5, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Gaste dink Sea Cottage Strand het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Strand Kaapstad Wes-Kaap
Vanaf R2 400
per nag (plek vir 7)
Vanaf R2 400
per nag (plek vir 7)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Van Der Spuy-straat 5, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA037b58fd5485ec0afd5963270600f1ea7e32c78c5dec7c62f445bd0f996e9c3c71037659fb7c70bb5f2583addae98bc63dcf?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 400  per nag (plek vir 7) 1 5 1 5 5 Van Der Spuy Street Strand 7140 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.1223403 18.8320529
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za