Sea Lion

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sea Lion is 'n pragtige, luukse huis in Fresnaye, 'n welvarende woonbuurt in Kaapstad tussen Seinheuwel en Seepunt. Sea Lion is op die rand van die Leeukop Natuurreservaat geleë met 'n pragtige uitsig oor die Atlantiese Oseaan en Robbeneiland.

Die ruim huis het heelwat graniet-, warm okkerneuthout- en luukse marmer-afwerkings wat deel van die natuurlike agtergrond vir die moderne interieur en indrukwekkende kunsversameling vorm.

Die huis beskik oor 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer bied 'n onbelemmerde uitsig oor die Atlantiese Oseaan aan die voorkant en op Leeukop aan die agterkant. Die kamer het 'n koninggrootte-bed van soliede okkerneuthout en gehalte-linne. Daar is ook 'n leefarea met 'n gemaklike bank, 'n instap-aantrekkamer, 'n badkamer met marmer-afwerkings, dubbelwasbakke en 'n stoomstort, lugversorging, digte rolblindings, ondervloerse verhitting, 'n TV, 'n Geneva bluetooth klanksisteem en 'n Nespresso-masjien.

Die tweede slaapkamer is met geel versier. Die kamer spog met Campbell La Pun se 'pop art', geel muurpapier van sy, moderne meubels van okkerneuthout en soliede okkerneuthoutvloere. Daar is 'n koninggrootte-bed met 'n leer kopstuk en gehalte-linne. Die kamer bied 'n see-uitsig en het 'n badkamer met marmer-afwerkings. Die kamer het ook lugversorging, elektroniese digte rolblindings, ondervloerse verhitting in die badkamer, verhitte handdoekrelings, 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n Bose klanksisteem.

Die derde slaapkamer is met smaraggroen versier en het 'n tuinterras wat baie son kry, en bied 'n see-uitsig van die slaapkamer en die badkamer af. Die kamer spog met kunswerke deur Daisy Naidu, moderne meubels van okkerneuthout, soliede okkerneuthoutvloere en 'n koninggrootte-bed met gehalte-linne. Die kamer het ook lugversorging, elektroniese digte rolblindings, ondervloerse verhitting in die badkamer, verhitte handdoekrelings, 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n Bose klanksisteem.

Dié lieflike huis het gerieflike leefareas, 'n kombuis wat vir selfsorg toegerus is, 'n eetarea en 'n swembad wat asemrowende uitsigte bied. Die huis het 'n gimnasium, 'n hysbak, 'n fliekkamer, skoonmaakpersoneel wat in die huis aanbly, geslotekringtelevisie en 'n alarmsisteem.

Slaapplek

'n Bespreking by Sea Lion sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Swembad

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Ondervloerse verhitting

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gimnasium

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Sea Lion gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R80 000 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za