35% af Kry 35% af. Geldig vanaf 19 Mrt 2020 tot 30 Apr 2020.
Bloubergstrand Akkommodasie by Sea Spray A402 | LekkeSlaap
+19
+19

Sea Spray A402

1 resensie
Selfsorg
  • Spesiale Aanbod - Kry 35% af
  • Vanaf R2 932 R1 905 per nag (plek vir 6)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Marinerylaan, Sea Spray A402, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Sea Spray A402 is 'n selfsorgwoonstel in Bloubergstrand, 'n buurt met 'n pragtige uitsig op Tafelberg. Dis die ideale plek vir diegene wat Kaapstad en die omliggende area besoek. Die goue strand is lekker vir watersport soos sweefski en vlieërplankry en daar is ander doendinge soos vierwielmotorfietsroetes, voetslaanroetes, inkopies en restaurante waar gaste kan eet.

Die woonstel bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kamer het ook toegang tot 'n balkon met 'n see-uitsig. Die tweede en derde slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens en dit maak van die tweede badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak gebruik.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien, 'n tuimeldroër en 'n ontbyttoonbank met stoeltjies. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste en die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi word ook voorsien.

Die leefarea bied toegang tot 'n lieflike balkon met ononderbroke see- en berguitsigte, 'n etenstafel met sitplek vir 4 en braaigeriewe.

Slaapplek

’n Bespreking by Sea Spray A402 sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 1 resensie vir Sea Spray A402
Netheid
4.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
3.0/5

Ligging

  • Marinerylaan, Sea Spray A402, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink Sea Spray A402 het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R2 932
Vanaf R1 905
per nag (plek vir 6)
was R2 932
Vanaf R1 905
per nag (plek vir 6)
was R2 932
Vanaf R1 905
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Marinerylaan, Sea Spray A402, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAXUlXoRBKYQ3QQg3HAQZK8KvW1vw8U3N4qAJ7E41haLOp9ZDlg2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R2 932, nou Vanaf R1 905  per nag (plek vir 6) 1 5 1 5 Marine Drive Sea Spray A402 7441 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -33.824001 18.4783162
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za