35% af Kry 35% af. Geldig vanaf 19 Mrt 2020 tot 30 Apr 2020.
Bloubergstrand Akkommodasie by Sea Spray BG05 | LekkeSlaap
+21
+21

Sea Spray BG05

8 resensies
Selfsorg
  • Spesiale Aanbod - Kry 35% af
  • Vanaf R1 466 R953 per nag (plek vir 2)
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sea Spray, Marinerylaan, Bloubergstrand, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Sea Spray BG05 is 'n smaakvol versierde eenslaapkamerwoonstel in Bloubergstrand. Sea Spray BG05 is ideaal vir 'n see-vakansie en bied alles wat jy vir die perfekte verblyf-ervaring benodig.

Die slaapkamer beskik oor 'n dubbelbed, ingeboude kaste en 'n en suite-badkamer met 'n wasbak en stort-oor-bad.

Die leefarea is oopplan en die ruimte word goed benut. Die kombuis is aan die een kant en is volledig toegerus met 'n ketel, broodrooster, mikrogolfoond, oond, yskas en vrieskas. Die eetarea het sitplek vir 4 gaste. Die leefarea het 'n tweesitplekbank en 2 enkelstoele wat na die platskerm-TV kyk.

Die leefarea lei na 'n groot patio wat oor 'n tafel met 4 stoele en pragtige uitsigte oor die Atlantiese Oseaan en op Tafelberg beskik. Sea Spray BG05 is in 'n sekuriteitskompleks en bied 24 uur-sekuriteit en 'n veilige parkeerplek.

Die woonstel is 'n klipgooi vanaf die strand, wat 'n gewilde plek vir stap en vlieërbranderry is. Bloubergstrand bied verskeie winkels, restaurante, kafees en kroeë, sommige selfs teen die kus en binne stapafstand. Hierdie woonbuurt is ideaal geleë en net 'n kort entjie se ry suid na Kaapstad se middestad en noord na die bekende Weskus met bekoorlike dorpies en 'n manjifieke natuurreservaat.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 8 resensies vir Sea Spray BG05
Netheid
4.4/5
Diens
4.3/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • Sea Spray, Marinerylaan, Bloubergstrand, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink Sea Spray BG05 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R1 466
Vanaf R953
per nag (plek vir 2)
was R1 466
Vanaf R953
per nag (plek vir 2)
was R1 466
Vanaf R953
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sea Spray, Marinerylaan, Bloubergstrand, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDIyYTQzMDI2LWE1YjItNDY1Yi04YjM1LTQ5ODUwOTVjY2MxNQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R1 466, nou Vanaf R953  per nag (plek vir 2) 8 5 1 5 Sea Spray, Marine Drive Bloubergstrand 7441 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -33.823999555253 18.478327990888
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za