LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Sea Urchin | LekkeSlaap
+20

Sea Urchin

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sealsingel 23, Lampiesbaai, St Helenabaai, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 200 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Sea Urchin is 'n tipiese Weskus selfsorg-woonstel wat in ’n veilige landgoed net 700 m vanaf die Goue Myl-strand geleë is in Britanniabaai. Britanniabaai is 'n klein dorpie wat langs die kalm waters van St Helenabaai skuil, sowat 160 km se ry wes vanaf Kaapstad op die R27. Dié onbelemmerde kuslyn is bekend vir sy veldblomme wat jaarliks tussen Augustus en September blom.

Sea Urchin het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede en derde slaapkamer het elkeen 2 enkelbeddens.Dié twee slaapkamer deel die gebruik van 'n badkamer.

Die kombuis is te volle toegerus vir selfsorg en het 'n yskas, mikrogolfoond, vierplaatstoof, potte, panne, eetgerei, breekware en 'n skottelgoedwasser. Daar is 'n eetkamertafel met sitplek vir 8 mense. Die sitkamer het 'n TV met die plaaslike kanale en sekere DStv-kanale.

Die leefarea bied toegang tot die stoep met buitemeubels en 'n ingeboude braai waar gaste die pragtige sonsondergang van Britanniabaai kan geniet. Parkeerplek in 'n motorhuis is beskikbaar.

Slaapplek

’n Bespreking by Sea Urchin sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Sealsingel 23, Lampiesbaai, St Helenabaai, 7441, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 200
per nag (plek vir 6)
Vanaf R2 200
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sealsingel 23, Lampiesbaai, St Helenabaai, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAzARH2spViNOrrJCgOtFNCxOrMwLuxPXwKwd0cXiK1uhhW1ZQax?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 200  per nag (plek vir 6) 23 Seal Crescent Lampiesbaai 7441 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -32.722679839307 17.963384091854
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!