Ocean View Holiday Home

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 10 % af

Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vanaf 10 Jan 2020 tot 8 Apr 2020.

Beskrywing

Ocean View Holiday Home bied gerieflike verblyf in 'n gastehuis met see-uitsigte. Die huis is in Leisure Bay, net 900 m van die strand af. Besienswaardighede in die area sluit die Riverbend Krokodilplaas wat 17,2 km weg is en die Wild Coast Sun wat 12,4 km weg is in.

Dié selfsorghuis het 4 slaapkamers en 4 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede kamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die derde kamer het 'n dubbelbed en die vierde kamer het 2 enkelbeddens. Die laaste 2 kamers deel 'n badkamer met 'n stort-oor-bad.

Die kombuis is met 'n yskas, stoof en mikrogolf toegerus. Die oopplan-sitarea en -eetarea lei na 'n stoep. Die sonkamer het nog 3 beddens, 'n dubbelslaapbank en 'n dagbed. Buite is daar braaigeriewe, 'n swembad en parkeerplek. Die huis word met laser-strale beveilig wat aan gewapende reaksie gekoppel is.

In die area is daar 'n gholfbaan, rekspring by Oribi Gorge, Zipline en Segway-ritte by Mac Banana en perdry op die strand by Wild Coast Sun. Daar is verskeie restaurante in die area. The Pont is 11,7 km van die perseel af en hier kan gaste waterski of tjoepry. Ski-bote kan kan die bootklubs in die area af geloots word. Daar is 2 winkelsentrums by Shelley Beach asook visvangplekke and die strande in die area met lewensredders. Die kus is 150 m van die gastehuis af.

Slaapplek

'n Bespreking by Ocean View Holiday Home sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Kamer daagliks skoongemaak

Elektriese Toebehore

  •  Haardroër

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Waaier

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ocean View Holiday Home gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 000 R2 700 per nag (plek vir 11)

Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vanaf 10 Jan 2020 tot 8 Apr 2020.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za