Voëlklip Akkommodasie by Sea View Hermanus | LekkeSlaap
+46

Sea View Hermanus

Selfsorg
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 10de Laan 3 , Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R9 650 per nag (plek vir 12)

Beskrywing

Sea View Hermanus is is 'n selfsorgvakansiehuis wat net 'n straat vanaf Grottostrand in Hermanus geleë is. Dié gewilde vakansiedorp aan die Wes-Kaap se suidkus, is wêreldbekend vir fantastiese walviskykgeleenthede vanaf die land en see, skilderagtige natuurskoon, matige klimaat, buitelug-doendinge, ryk plantegroei en die lieflike ligging naby Kaapstad wat dit die ideale basis maak vanwaar jy die Kaapse Overberg kan verken.

Dié woonstel het slaapplek vir 12 volwassenes, 8 kinders en beskik oor 7 slaapkamers, 4 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer op die boonste verdieping het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort. Daar is ook 'n stapelbed langs die kamer, asook 'n sitarea met 'n sondek, see-uitsigte en kaggel.

Daar is 3 slaapkamers op die grondverdieping, asook 'n badkamer met 'n stort en bad. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, kot en lei na 'n binnehof met tafel en stoele. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en lei na 'n binnehof met rose en laventel, asook 'n sitarea. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed.

Die laer verdieping het 3 slaapkamers. Die eerste en tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die derde slaapkamer het stapelbeddens en deel die tweede slaapkamer se en suite-badkamer.

Die ruim selfsorgkombuis is volledig toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n ontbythoekie met stoele. Die eetarea het sitplek vir 10 en die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel, kaggel en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale.

Die kombuis en leefarea lei na die ruim kuierdek met see- en tuin-uitsigte. Die dek het 'n plonspoel, sonbaai-area met stoele en sonstoele, asook ingeboude braaigeriewe. Die dek is gedeeltelik onderdak met oorgenoeg skadu en 'n etenstafel vir 8, asook 'n patio-sambreel.

Die tuin het 'n beskutte grasperk, vuurput wat teen die wind beskerm is, asook berg-uitsigte. Parkeerplek is agter 'n hek beskikbaar.

Slaapplek

’n Bespreking by Sea View Hermanus sluit in:

Koningingrootte-bed Kindermatras vir 2
Slaapkamer 1
Plek vir 4 persone
1 xKoningingrootte-bed
1 xKindermatras vir 2
Koningingrootte-bed Kinderbedjie
Slaapkamer 2
Plek vir 3 persone
1 xKoningingrootte-bed
1 xKinderbedjie
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 6
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Kindermatras vir 2
Slaapkamer 7
Plek vir 6 persone
3 xKindermatras vir 2

Kenmerke

Swembad
Braaiplek

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • 10de Laan 3 , Hermanus, 7200, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R9 650
per nag (plek vir 12)
Vanaf R9 650
per nag (plek vir 12)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 10de Laan 3 , Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDZjYmZmMjY3LTI1ZjEtNGQ3NC1hOGJjLWVmMGNkNDI4MmYyYg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R9 650  per nag (plek vir 12) 3 10th Avenue Hermanus 7200 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -34.411777991876 19.285481125116
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za