Margate Beach Akkommodasie by Seabrook 001 | LekkeSlaap
+10
+10

Seabrook 001

1 resensie
Selfsorg
  • Vanaf R550 per nag (plek vir 3)
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: H/v William O'Connor-rylaan en Panorama-parade, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Seabrook 001 is 'n selfsorgeenheid wat in die Seabrook Holiday-woonstelkompleks geleë is. Dié kompleks is bekend vir sy uitstekende uitsigte en gerieflike toegang tot Margate se hoofstrand en ander vakansie-doendinge. Die eenheid spog met pragtige uitsigte oor die dorp wat genoegsame geleenthede bied om dolfyne, walvisse, seevoëls en die sardientjieloop dop te hou.

Die woonstel het 1 slaapkamer en 1 badkamer op die grondverdieping wat smaakvol ingerig is. Die slaapkamer het 2 enkelbeddens en in die sitkamer is daar 1 stapelbed wat geskik is vir kinders. Die badkamer het 'n stort. Gaste sal die lieflike oopplan-kombuis en -leefarea geniet. Die kombuis is ten volle toegerus vir jou selfsorgbehoeftes en die sitkamer beskik oor 'n TV met 11 DStv-kanale. Ontspan met 'n skemerkelkie en geniet die pragtige see-uitsigte. Geskik vir 2 volwassenes en 3 klein kinders.

'n Onderdakparkeerplek, nommer 31, word ingesluit by die huur van die eenheid. Daar is ook 'n kluisie vir jou persoonlike items.

Die Intercity Express Bus stop by Marine-rylaan by die Margate Mini Coach-bushalte, slegs 500 m vanaf die Seabrook Woonstelle. Op versoek kan gaste opgelaai word by die bushalte en aangewys word na Seabrook Woonstelle. Buiten dit sal daar geen ekstra vervoer benodig word tydens jou verblyf nie aangesien alle winkels, banke, besighede, restaurante en vermaak binne maklike loopafstand van die woonstel af is.

Slaapplek

’n Bespreking by Seabrook 001 sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
Plek vir 5 persone
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed
1 xStapelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe
  • Xhosa

Konferensiegeriewe

  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard

Opsomming van Resensie

3.8 uit 5van 1 resensie vir Seabrook 001
Netheid
2.0/5
Diens
3.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • H/v William O'Connor-rylaan en Panorama-parade, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Seabrook 001 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R550
per nag (plek vir 3)
Vanaf R550
per nag (plek vir 3)
Vanaf R550
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: H/v William O'Connor-rylaan en Panorama-parade, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAxAK8uxYfDDYwTdLke70lcejTSfNi2VOYeaT74iQzo3sELDFdeQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R550  per nag (plek vir 3) 1 5 1 4 Corner of William O’Connor Drive and Panorama Parade Margate 4275 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 09:00 -30.863584 30.370432
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za