Margate Beach Akkommodasie by Seabrook 212 | LekkeSlaap
+7
+7

Seabrook 212

4 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R550 per nag (plek vir 4)
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoek van William O'Connor Rylaan en Panorama Parade, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Seabrook 212 is 'n selfsorg-eenheid wat in die Seabrook Holiday woonstelkompleks geleë is. Die kompleks is bekend vir sy uitstekende uitsigte en gerieflike toegang tot Margate se hoofstrand en ander vakansie-doendinge. Die eenheid spog met pragtige uitsigte oor die dorp wat genoegsame geleenthede bied om dolfyne, walvisse, seevoëls en die sardientjieloop dop te hou.

Die woonstel is op die tweede verdieping en het 2 slaapkamers en 2 badkamers en is smaakvol ingerig. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n stapelbed en 1 enkelbed. Die en suite-badkamer het 'n stort en 'n bad. Die tweede badkamer beskik oor 'n stort.

Gaste sal die lieflike oopplan-kombuis en -sitarea geniet. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en daar is 'n ontbyttoonbank met genoeg sitplek. Die sitarea is toegerus met 'n leersitkamerstel, gordyne van topgehalte en 'n TV met 11 DStv-kanale. Die woonstel het 'n patio wat oor William O'Connor-rylaan uitkyk.

Daar is 'n onderdakparkeerplek, nommer 48 op vlak 2, waarvan gaste gerus gebruik kan maak. Gaste is welkom om van die gemeenskaplike areas gebruik te maak soos die braai-area, 'n wassery (werk met munte) en 'n speelarea met 'n pooltafel en tafeltennis.

Die Intercity Express Bus stop by Marine-rylaan by die Margate Mini Coach-bushalte, slegs 500 m vanaf die Seabrook Woonstelle. Op versoek kan gaste opgelaai word by die bushalte en aangewys word na Seabrook Woonstelle. Buiten dit sal daar geen ekstra vervoer benodig word tydens jou verblyf nie aangesien alle winkels, banke, besighede, restaurante en vermaak binne maklike loopafstand van die woonstel af is.

Slaapplek

’n Bespreking by Seabrook 212 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Selfsorg

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 4 resensies vir Seabrook 212
Netheid
4.5/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Hoek van William O'Connor Rylaan en Panorama Parade, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Seabrook 212 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R550
per nag (plek vir 4)
Vanaf R550
per nag (plek vir 4)
Vanaf R550
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoek van William O'Connor Rylaan en Panorama Parade, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAnMuFhi2AOLoPXlEWYFjOWXgGoA5wbMODh4FRcasBKJFUCDP0V1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R550  per nag (plek vir 4) 4 5 1 5 Corner of William O’Connor Drive and Panorama Parade Margate 4275 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -30.863573160272 30.370329469442
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za