Margate Beach Akkommodasie by Seabrook 503 | LekkeSlaap
+15
+15

Seabrook 503

1 resensie
Selfsorg
  • Vanaf R1 200 per nag (plek vir 6)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Hoek van William O'Connor Rylaan en Panorama Parade, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Seabrook 503 is 'n selfsorg-eenheid wat in die Seabrook Holiday-woonstelkompleks geleë is. Die kompleks is bekend vir sy uitstekende uitsigte en gerieflike toegang tot Margate se hoofstrand en ander vakansie-doendinge. Die eenheid beskik oor 'n voëlperspektief-uitsig wat geleenthede bied om dolfyne, walvisse, seevoëls en die sardientjieloop dop te hou.

Die woonstel het 3 slaapkamers en 2 badkamers en is smaakvol ingerig. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n balkon-uitsig en die ander 2 kamers het elk 'n dubbelbed en 'n stapelbed. Daar is 'n stort in die eerste badkamer en 'n bad én 'n stort in die tweede badkamer. Daar is ook 'n aparte toilet.

Gaste sal die lieflike oopplan-kombuis en -sitarea geniet. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en daar is 'n eetarea met genoeg sitplek. Die leefarea beskik oor 'n TV met 11 DStv-kanale. Ontspan met 'n skemerkelkie en geniet die pragtige see-uitsigte.

Daar is 'n onderdakparkeerplek, nommer 31, ingesluit by die eenheid. 'n Kluisie word voorsien vir jou persoonlike items.

Die Intercity Express Bus stop by Marine-rylaan by die Margate Mini Coach-bushalte, slegs 500 m vanaf die Seabrook Woonstelle. Op versoek kan gaste opgelaai word by die bushalte en aangewys word na Seabrook Woonstelle. Buiten dit sal daar geen ekstra vervoer benodig word tydens jou verblyf nie aangesien alle winkels, banke, besighede, restaurante en vermaak binne maklike loopafstand van die woonstel af is.

Slaapplek

’n Bespreking by Seabrook 503 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed Stapelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 4 persone
1 xDubbelbed
1 xStapelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Parkeerplek

  • Onderdakparkering

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 1 resensie vir Seabrook 503
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Hoek van William O'Connor Rylaan en Panorama Parade, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Seabrook 503 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Hoek van William O'Connor Rylaan en Panorama Parade, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3zkKqMXIRNCwlqo6EQ98KvH6zSrkffyIhfuwh73HUCZndfQ5CP?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 200  per nag (plek vir 6) 1 5 1 5 Corner of William O’Connor Drive and Panorama Parade Margate 4275 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 09:00 -30.863602480939 30.370458787697
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za