Bantrybaai Akkommodasie by Seacliff Apartment | LekkeSlaap
+13

Seacliff Apartment

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seacliffweg 10, Seacliffe, Bantrybaai, 8005, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R20 000 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Seacliff Apartment is 'n pragtige seefront-woonstel in 'n sekuriteitskompleks met slaapplek vir 4 gaste in Bantrybaai.

Die woonstel het lugversorging en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 2 verdiepings met 'n koninggrootte-bed, 'n bad en 'n ononderbroke uitsig oor die see. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en maak gebruik van 'n aparte badkamer wat 'n stort en 'n toilet het.

Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is 'n etenstafel waar gaste hul maaltye kan geniet.

Die sitarea het 'n TV met DStv en 'n DVD-speler en 'n uitsig oor die see. Daar is ook gratis WiFi. Die woonstel word een keer 'n week skoongemaak. Gaste kan op versoek op die perseel parkeer.

Die kompleks is 1 km vanaf verskeie supermarkte, restaurante en die Seepunt Pawiljoen se swembad, 2 km vanaf Clifton se strande en 5 km vanaf die V&A Waterfront wat ook verskeie winkels en restaurante het.

Slaapplek

’n Bespreking by Seacliff Apartment sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Geriewe

  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Ligging

  • Seacliffweg 10, Seacliffe, Bantrybaai, 8005, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R20 000
per nag (plek vir 4)
Vanaf R20 000
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seacliffweg 10, Seacliffe, Bantrybaai, 8005, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA75b953919a6dc538dbc0d9b6f3b1fe8cc27d1f309954c4853de6a5bc2ee2ed079ece076d16c959d1329f9efd9b7dcd3d5339?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R20 000  per nag (plek vir 4) 10 Seacliff Road Seacliffe 8005 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.925220490284 18.377990773016
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za