Seacrest Villa
- Kapasiteit: 12 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Georgelaan 28, Leisure Island, Knysna, 6571, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 2
- Vanaf R950 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Seacrest Villa is 'n pragtige gastehuis op Leisure Isle op die Knysna Strandmeer wat deur die Knysna Koppe vloei. Die eenheid is volledig toegerus en bied gerieflike ontspannende verblyf.
Die verblyf beskik oor 2 eenhede, die hoofhuis en 'n aparte kothuis.
Die Villa het 4 luukse kamers met en suite-badkamers, 3 met koninggrootte-beddens en 1 met 2 enkelbeddens. Elke en suite-badkamer het 'n stort of stort-oor-bad, toilet en wasbak. Die kothuis het 2 slaapkamers en 1 badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die ander een het 2 enkelbeddens.
Elke oopplan-kombuis het 'n gasoond, yskas-vrieskas, tuimeldroër, skottelgoedwasser en mikrogolf.
Die Villa bied 'n sitarea buite wat na 'n eetkamer- en kombuisarea lei. Dié area dien as 'n lieflike kuier-area.
Daar is Weber-braaigeriewe, maar gaste moet hul eie houtskool saambring.
Die Villa bied gratis, onbeperkte WiFi, platskerm-TV's met volledige DStv, braaigeriewe en privaat parkeerplek.
Die huis en kothuis het albei alarms en veilige parkeerplek vir 2 voertuie. Meer voertuie kan buite die motorhuis parkeer word en buite die perseel.
Daar is 'n elektriese hek waardeur gaste die dubbelmotorhuis kan bereik. Die motorhuis bied toegang tot die hoofhuis of gaste kan buite die motorhuis parkeer en die voordeur gebruik.
Dié huis is ideaal vir 'n vakansie aangesien dit naby die wit strande is. Gaste kan gaan stap, fietsry of skemerkelkies by Bollards Bay-strand geniet. Die villa het 2 enkel-kajaks, 1 dubbel-kajak en 2 fietse waarvan gaste gerus gebruik kan maak. Dié ligging bied verskeie besienswaardighede soos woude, strande, watersports, gholfbane, bekroonde restaurante, winkelsentrums, die Knysna Waterfront en Hawe, wildparke en buitemuurse doendinge, om net 'n paar te noem.
Leisure Island is die juweel van Knysna met die enigste strand op die strandmeer. Dis sentraal geleë naby die Knysna Koppe, Coney Glen-strand, Knysna-woude, kampioenskap-gholfbane, blouvlagstrand en winkelsentrums. Buffelsbaai, Plettenbergbaai en Sedgefield is ook naby die verblyf.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Ligging
- Georgelaan 28, Leisure Island, Knysna, 6571, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 12 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Georgelaan 28, Leisure Island, Knysna, 6571, Wes-Kaap
- Geen kinders onder 2