LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Seadevilla | LekkeSlaap
+36

Seadevilla

B&B
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 84 Dorries Rylaan , , Simonstad , 7995, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
  • Vanaf R1 220 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Seadevilla is geleë in 'n doodloopstraat aan die bokant van Froggy Farm teen Black Hill se hang in Simonstad. Die huis is onlangs gebou en het 'n onbelemmerde, 180 º uitsig oor Valsbaai. Die huis staan tussen die Fynbos en is ontwerp deur 'n bekende Kaapse argitek. Die moderne geriewe is ontwerp om omgewingsvriendelik te wees en te resoneer met die omliggende natuurskoon. Simonstad is 'n pragtige, rustige dorpie waar die lewe teen 'n stadiger pas aangepak word. Die luisterryke berge en die Kaapse Veldblomkoninkryk maak verblyf hier absoluut idillies. Seadevilla se rustige atmosfeer en die ongerepte, omliggende Fynbos is die kersie op die koek.

Seadevilla bestaan uit 3 luukse, ruim, moderne woonstelle en wonderskone see-uitsigte wat strek van Glencairn af tot by Hangklip. Gaste ontwaak met 'n vars see-briesie en die reuk van fynbos wat by die vensters instroom. Die pragtige berge en wisselende oseaan maak die uitsig onvergeetlik - soms is daar selfs walvisse wat in die baai baljaar. Nuttig ontbyt op ons stoep met sy asemrowende see-uitsig of staan op een van die dekke en kyk hoe die son oor die berge opkom. Elke woonstel het sy eie ingang en genoeg parkering. Ons toegewyde, energieke en entoesiastiese personeel is toegespits op detail en die diens spreek van tradisionele, Suid-Afrikaanse gasvryheid en internasionale standaarde. Dit alles maak van Seadevilla die ideale bestemming.

Besoek die plaaslike pikkewynkolonie of gaan swem by een van die veilige strande wat stapafstand van Seadevilla is. Die gewilde Boulders-strand kry sy naam by die reuse rotse waarmee dit besaai is.

Marinda Nell, jou gasvrou, sien daarna uit om jou te verwelkom.

Kenmerke

Afrikaans
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kombuisgeriewe
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 13 resensies vir Seadevilla
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • 84 Dorries Rylaan , , Simonstad , 7995, Wes-Kaap
  • Gaste dink Seadevilla het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 220
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 220
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 84 Dorries Rylaan , , Simonstad , 7995, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDBjMTg1YTViLTNiODktNGE2ZS1hMGI3LWM4YWQ0ZGVmYjhjZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 220  per nag (vir 2 persone) 13 5 1 5 84 Dorries Drive Froggie Farm 7995 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.206489928189 18.453725626984
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!