Seahill Luxury Penthouse Apartment

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 15 % af

Kry 15% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Seahill Luxury Penthouse Apartment bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n woonstel op die boonste verdieping met 'n pragtige uitsig. Dié woonstel is in 'n woonstelblok oorkant Mouille Point-strand, 300 m vanaf Kaapstadstadion en 1,4 km van die V&A Waterfront af.

Die gebou het 'n hysbak en die woonstel beskik oor 2 slaapkamers, 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n oopplan-kombuis, -leefarea en -eetarea. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Die kombuis is met 'n yskas, oond, stoof en 'n mikrogolf toegerus. Daar is 'n eetkamertafel met stoele. Die sitarea het 'n TV met sekere DStv-kanale en daar is WiFi.

Die area bied maklike toegang to die Seepunt Promenade, Groenpuntpark en 'n gholfbaan. Dit is die ideale verblyf vir sakereisigers of vakansiegangers.

Slaapplek

'n Bespreking by Seahill Luxury Penthouse Apartment sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Seahill Luxury Penthouse Apartment gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 699 R2 294 per nag (plek vir 3)

Kry 15% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za