Seahorses Sea View Apartment

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Seahorses is 'n pragtige woonstel met 'n see-uitsig in Sunny Cove, aan die voet van Elsiespiek. Saans kan jy die see en golwe hoor en veral van Junie tot November kan jy die walvisse sien en ook hoor. Dit is so naby die see dat jy ook die dolfyne en robbe verby sien swem van jou sitkamer of eie privaat balkon af.

Die woonstel is 'n kort entjie se ry vanaf Kaapstad se middestad af en is naby Kaappunt en Simonstad se vloothawe.

Dit is ook naby 'n hele paar vername besienswaardighede.

Die woonstel is volledig en gerieflik toegerus vir 4 persone. Dit beskik oor 'n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens, 'n kombuis met 'n stoof/oond, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, mikrogolfoond, 'n TV, DVD en volledige DStv. Daar is gratis WiFi vir rondsnuffel op die web en e-pos, asook parkeerplek op die perseel. Ons voorsien gehaltelinne en badhanddoeke, kluisie en 'n alarm met gewapende reaksie.

Die ingang na Seahorses is apart en privaat van die hoofhuis. Dit is 25 m van die see af geleë, is gerieflik vir stap, fietsry en 'n wandeling na die bekende Jager's Walk en Vishoekstrand. Dit is ook maklik om Simonstad, Vishoek, Kalkbaai, St James en Muizenberg of Kaapstad se middestad te bereik van hier af. Vishoekstrand is teen seestrome en sterker golwe van die res van Valsbaai beskerm. Die water is warmer as die Atlantiese Oseaan s'n en swem en snorkel is gewild.

Ons vereis 'n minimum verblyftydperk van 3 nagte per bespreking, met 'n kontant-deposito van R1000. Die deposito is na vertrek terugbetaalbaar.

Slaapplek

'n Bespreking by Seahorses Sea View Apartment sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Fietsry

Badkamer

  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Dienste

  •  Koordlose Internet

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Seahorses Sea View Apartment gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za