Seas the Sun
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Middlevlei-landgoed, Chalet 5, Meerensee, Fisherhaven - Hermanus District, 7200, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 600 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Seas the Sun is 'n pragtige selfsorg-strandhuis met 2 slaapkamers en 2 badkamers net 15 minute buite Hermanus. Dis 2 minute se stap van die strand en swembad af. Dis ideaal vir paartjies of 'n gesin van 4. Dit het ook 'n privaat tuin en parkeerplek en die landgoed bied 'n swembad, tennisbaan, speelarea vir kinders en 'n geriefswinkel.
Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, platskerm-TV en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens wat as 'n koninggrootte-bed opgemaak kan word. Die tweede badkamer het 'n bad met 'n handstort en toilet.
Die kombuis is met 'n elektriese stoof en oond, mikrogolf, yskas en vrieskas toegerus. Gratis tee, koffie, beskuit en sjokolade word met aankoms voorsien. Die oopplan-leefarea en -eetarea het 'n TV, gemaklike stoele, etenstafel en onbeperkte WiFi. Netflix en YouTube is ook beskikbaar. 'n Gasverwarmer is ook beskikbaar, asook mobiele waaiers. Die stoep het 'n ingeboude braai, stoele en 'n tafel om by te sit terwyl gaste die uitsig en tuinvoëls geniet.
Daar is 'n klein omsetter wat die ligte, TV en WiFi tydens beurtkrag aan sal hou. Moet asb. geen ander toestelle gedurende hierdie tydperk gebruik nie.
Die strandmeer en strand is reg voor jou deur en gaste kan visvang, swem, kanovaart, vlieërbranderry fietsry, tennis en tafeltennis speel - bring net jou eie toerusting. Roeiski's kan gehuur word. Troeteldiere word nie toegelaat nie.
Seas the Sun is die ideale plek vanwaar gaste Hermanus kan verken en die walvisseisoen en wynroetes kan geniet.
Slaapplek
’n Bespreking by Seas the Sun sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Verekombers
- Waaier
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Lori Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 29
Jaar gelys 7
Ligging
- Middlevlei-landgoed, Chalet 5, Meerensee, Fisherhaven - Hermanus District, 7200, Wes-Kaap
- Gaste dink Seas the Sun het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Fisherhaven Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Middlevlei-landgoed, Chalet 5, Meerensee, Fisherhaven - Hermanus District, 7200, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom