Ramsgate Akkommodasie by Seaside Getaway | LekkeSlaap
+13

Seaside Getaway

5 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R1 200 per nag (plek vir 6)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Marine-rylaan, Club Cabana Eenheid 11, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Seaside Getaway bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n veilige woonstel op die eerste verdieping en is stapafstand van die strand af. Die kompleks is in Ramsgate aan KwaZulu-Natal se Suidkus geleë.

Gratis volledige DStv en geen versteekte fooie nie! Linne word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie bad- en strandhanddoeke saambring.

Die woonstel beskik oor 3 slaapkamers en het slaapplek vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer en beskik oor 'n koningingrootte-bed en lugversorging. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 driekwartbeddens. Die woonstel beskik ook oor 'n oopplan-kombuis, -sitkamer met lugversorging en -eetarea. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, oond en 'n stoof, sowel as 'n skottelgoedwasser (gaste moet hule eie skoonmaakmiddel saambring), wasmasjien en 'n tuimeldroër. Daar is 'n TV met DStv in die sitkamer en in die hoofslaapkamer.

Onderdakparkeerplek is vir 1 motor beskikbaar, en daar is ekstra parkeerplek vir gaste. Die kompleks spog met 'n gemeenskaplike swembad wat omhein is en omring word deur braaigeriewe. Die woonstel is met sekuriteitshekke beveilig.

Slaapplek

’n Bespreking by Seaside Getaway sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 5 resensies vir Seaside Getaway
Netheid
4.0/5
Diens
4.0/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Marine-rylaan, Club Cabana Eenheid 11, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Seaside Getaway het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 200
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Marine-rylaan, Club Cabana Eenheid 11, Ramsgate, 4285, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAlntu5N1EFzVWNmqLQDq2gXfhlPU616g9KKmBHOF1KJPaNEN2FT?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 200  per nag (plek vir 6) 5 5 1 5 Marine Drive Club Cabana Unit 11 4285 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-00:00 10:00 -30.90635413665 30.333449326389
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za