Seaside Townhouse on Glen Beach

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Seaside Townhouse on Glen Beach is 'n pragtige meenthuis in Glencairn Heights met 'n uitsig oor Valsbaai en die vleiland.

Die dubbelverdiepinghuis het 3 slaapkamers op die eerste verdieping. Die eerste kamer het 2 driekwartbeddens, 'n en suite-badkamer met 'n stort, en 'n balkon met 'n uitsig op die berg. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n klein balkonnetjie met 'n uitsig oor die see. Die derde slaapkamer het 'n stapelbed en 'n groot venster met 'n gedeeltelike see-uitsig. Die tweede badkamer word gedeel en het 'n stort-oor-bad.

Die kombuis het 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, koffie en tee. Verder is daar 'n etenstafel en 'n TV met OVHD in die oopplan-leefarea.

Dié vertrek lei na die tuin waar daar braaigeriewe en sitplek is. Daar is 'n enkelmotorhuis met direkte toegang tot die huis, en beperkte parkeerplek vir 'n tweede voertuig is voor die huis beskikbaar.

Seaside Townhouse on Glen Beach is oorkant die vleiland-bewarea en stapafstand vanaf die strand en 'n klein winkelsentrumpie. Ons is sowat 2 km vanaf die Harbour Bay Winkelsentrum en 5 km vanaf die Longbeach Mall, Sun Valley Mall en Virgin Active-gimnasium.

Slaapplek

'n Bespreking by Seaside Townhouse on Glen Beach sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelstapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Op Die Straat

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Seaside Townhouse On Glen Beach gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 300 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za