Seaview Villa
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Seaview-singel 13, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 900 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Seaview Villa is 'n dubbelverdiepinghuis in die prentjiemooi dorpie Yzerfontein. Die huis is slegs 'n kort entjie se ry van die see af en is omring met inheemse fynbos.
Die huis het 3 smaakvol versierde slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is en suite en geleë op die eerste verdieping. Daar is ook 'n leefarea met 'n binnebraai, 'n leefarea met 'n TV en 'n eetkamertafel met sitplek vir 8. Die leefarea bied toegang tot die patio met uitsigte oor die manjifieke Atlantiese Oseaan.
Die grondvloer het 'n volledig toegeruste kombuis en 2 slaapkamers wat 'n volledige badkamer deel met 'n stort en aparte bad. Die kombuis is volledig ingerig vir selfsorg en sluit die volgende in: 'n mikrogolfoond, 'n oond en stoof, 'n yskas-vrieskas, strykyster en -plank en 'n ontbythoekie met stoele. Daar is ook 'n wasmasjien beskikbaar vir gaste.
Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens.
Die buitekant van die huis spog met 'n groot, omheinde tuin met 'n groot grasperk waar die kinders kan baljaar of waar jy net in die sonnetjie kan lê en bak. Daar is 'n dubbeltoesluitmotorhuis beskikbaar aan gaste.
Slaapplek
’n Bespreking by Seaview Villa sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
Dienste
- Diens op aanvraag
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Verekombers
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Dvd
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Johanna Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 72
Jaar gelys 8
Ligging
- Seaview-singel 13, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
- Gaste dink Seaview Villa het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Yzerfontein Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Seaview-singel 13, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom