Seehuisie
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Tunastraat, Duinepark 989, Witsand, 6666, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 600 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Seehuisie is 'n dubbelverdieping-vakansiehuis, net 50 m van die see af en dit is in Duinepark Witsand, 'n klein kusdorpie in die Wes-Kaap, geleë. Die huis bied slegs verblyf aan 4 volwassenes en 2 kinders.
Die huis beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers, 'n ruim oopplan-leefarea en 'n -kombuis, eetarea met 'n tafel en stoele vir 6 mense, 'n binne-braai en 'n dek buite.
Die hoofslaapkamer is op die tweede verdieping en het ’n dubbelbed, bedkassies, en ruim ingeboude kaste, sowel as ’n en suite-badkamer.
Die badkamer is modern en het ’n vrystaande ovaalbad. Die tweede en derde slaapkamer is op die grondverdieping en deel die badkamer op die grondverdieping. Een van hierdie kamers het ’n dubbelbed en die ander slaapkamer het ’n stapelbed. Hierdie kamers het ingeboude kaste. Die badkamer op die grondverdieping het ’n stort, wasbak en toilet.
Die sitkamer het gerieflike sitplek, ’n TV met DStv en ’n koffietafel wat gebruik kan word om speletjies op te speel.
Die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, stoof, oond en skottelgoedwasser. Daar is 'n ruim houtdek buite die sitkamer en gaste kan 'n gedeeltelike see-uitsig daar geniet.
Die huis het ook 'n enkelmotorhuis wat toesluit en daar is ‘n vrieskas en wasmasjien tot u beskikking. Daar is ook ekstra onderdakparkeerplek.
Die hele huis is tot gaste se beskikking en word nie met ander gaste gedeel nie. Die huis is in 'n baie veilige omgewing geleë. Die kinders kan heerlik rondhardloop en speel, strand toe gaan, in die getypoel swem en skulpies optel.
Witsand is 'n gewilde bestemming vir visvang in die Breederivier met sy groot kabeljou, valskermsweef en vlieërbranderry.
Slaapplek
’n Bespreking by Seehuisie sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Ligging
- Tunastraat, Duinepark 989, Witsand, 6666, Wes-Kaap
- Gaste dink Seehuisie het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Tunastraat, Duinepark 989, Witsand, 6666, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom