Seekoei 3330

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Seekoei 3330 is 'n selfsorghuis in Marloth Park, 'n 3000 ha-wildbewarea en vakansiedorp op die suidelike grens van die Krugerwildtuin, tussen Malelane en Komatipoort in Mpumalanga. Dit is 'n gewilde rusplek vir reisigers wat die Krugerwildtuin, Swaziland en Mosambiek besoek. Dit gee hulle die geleentheid om 4 van die bekende Groot 5 te sien.

Die huis het 2 slaapkamers en 'n solderarea en dit bied slaapplek vir 6 gaste. Die 2 slaapkamers is onder geleë en elkeen het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die een badkamer het 'n bad en die ander een het 'n stort. Die solderarea het 2 enkelbeddens. Die 2 slaapkamers het lugversorging en die solder het 'n staanwaaier. Al die beddens het muskietnette.

Die huis beskik oor 'n oopplan-kombuis, -sitkamer en -eetarea. Die kombuis is goed toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas en mikrogolfoond. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste en die sitkamer het 'n gemaklike rusbank en 'n platskerm-TV met 'n DStv-koppelpunt. Gaste moet hul eie Explora-dekodeerder en kragdraad saambring.

Daar is 'n dek met braaigeriewe en uitsigte van die Krugerwildtuin op die perseel.

Safari-uitstappies kan gereël word en ons voorsien graag inligting oor doendinge in die omgewing.

Slaapplek

'n Bespreking by Seekoei 3330 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Waaier

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Seekoei 3330 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 590 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za