Seemeeu
Beskrywing
Seemeeu is 'n lieflike selfsorghuis in die kusdorpie, Oesterbaai. Dié huis is net 'n paar tree van die strand af, en net 'n entjie vanaf Jeffreysbaai en talle restaurante en winkels.
Seemeeu is 'n dubbelverdiepinghuis met slaapplek vir 8 gaste in 3 slaapkamers, so dis ideaal vir 'n gesin of 'n vriendegroep. Die hoofslaapkamer is op die grondvloer en het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer en derde slaapkamer is op die tweede vloer. Eersgenoemde het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 stapelbeddens. Die badkamer op die boonste vloer beskik oor 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet.
Die kuierkamer op die eerste vloer het gemaklike sitplek, 'n TV met DStv, en 'n pooltafel.
Die sitkamer met gerieflike sitplek en 'n TV met DStv is op die grondvloer. En die ruim leefkamer bied toegang tot 'n onderdak-patio met stoepmeubels en braaigeriewe.
Die kombuis is toegerus met al die moderne toebehore wat jy benodig, insluitend 'n wasmasjien, tuimeldroër, skottelgoedwasser en 'n ysmasjien.
Die enkelmotorhuis kan gesluit word en daar is heelwat oop parkeerplek beskikbaar.
Seemeeu is stapafstand van die strand af.
Slaapplek
'n Bespreking by Seemeeu sluit in:
1 x Koninggrootte-bed
1 x Dubbelbed
2 x Stapelbed
Kenmerke
- Afrikaans
- Braaiplek
- Veilige Parkering
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Geriewe
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Kombuisgeriewe
- Satelliet-TV
- Selfsorg
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Vermaak
- Eksklusiewe DSTV
- TV
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na Seemeeu gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |