Mosselbaai Akkommodasie by Seemeeu Huisie | LekkeSlaap
+10

Seemeeu Huisie

  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Nutans-straat 16, Danabaai, Mosselbaai, 6510, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R750 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Seemeeu Huisie is 'n woonstel onder ons hoofhuis met 'n ruim houtdek met pragtige, onbelemmerde uitsigte oor Danabaai se strand en die oseaan. Dit is stapafstand van die strand af, sowat 250 m.

Die woonstel het sy eie ingang en parkeerplek op die perseel. Daar is 2 slaapkamers met 2 enkelbeddens en kaste in die slaapkamer en die sitkamer-area is toegerus met 'n TV (bring asseblief jou eie DStv-dekodeerder en slimkaart saam), CD-speler en gerieflike sitplek. Verder is daar 1 bed in die leefarea en die badkamer het net 'n stort. Die kombuis is toegerus met breekware, mikrogolf, braaipan, ketel, tweeplaatstoof, yskas, eetkamertafel en stoele. Die ruim dek buite is toegerus met 'n tafel, stoele en 'n Weber.

Seemeeu Huisie is naby aan 'n winkelsentrum, 'n Caltex-vulstasie, 'n wassery en ander besighede. En die omliggende fynbos lok baie voëls, bokkies, tarentale, fisante en kleinwild.

Slaapplek

’n Bespreking by Seemeeu Huisie sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 12 resensies vir Seemeeu Huisie
Netheid
4.9/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Nutans-straat 16, Danabaai, Mosselbaai, 6510, Wes-Kaap
  • Gaste dink Seemeeu Huisie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R750
per nag (plek vir 5)
Vanaf R750
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Nutans-straat 16, Danabaai, Mosselbaai, 6510, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDZlZDlhNWNkLTY0ZGYtNGI3YS1iZTlmLWU4MDgyNTFlYzJkNQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R750  per nag (plek vir 5) 12 5 1 5 16 Nutans Street Danabaai 6510 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -34.205626 22.03713
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za