Uvongo Akkommodasie by Seeskulp 2 | LekkeSlaap
+14
+14

Seeskulp 2

9 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R550 per nag (plek vir 6)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 08:00
  • Adres: Colin-straat 60, Uvongo, 4275, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Seeskulp 2 is 'n gerieflike selfsorgwoonstel in die veilige Seeskulp-kompleks. Dit is stapafstand van Uvongostrand af. Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad.

Die woonstel kan tot 6 gaste akkommodeer. Daar is 2 slaapkamers, 2 badkamers, en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed, en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n stapelbed (ideaal vir 2 kinders). Die tweede badkamer het 'n bad, toilet, en wasbak.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n stoof en oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, wasmasjien en skottelgoedwasser. Die sitkamer het 'n groot platskerm-TV. Die leefarea lei na 'n patio met ingeboude braaigeriewe en see-uitsigte. Veilige parkeerplek is beskikbaar.

Daar is wonderlike geriewe en doendinge in die omgewing. Gaste kan lekker middagete by Mac Banana geniet. Daar is verbalskiet, Deli & Bakkery, Mac Fish, spesialiteitswinkels, voëlkyk, 'n klimraam en speelarea vir kinders, 'n skoenlapper-koepel, en ponierritte.
Op dieselfde pad na Port Edward is die Wild Coast Sun Casino.
Eilandmeer is 'n wonderlike plek om die natuur te beleef.
Pure Venom is op die Izotha-pad naby Shelly Beach. Dié plek is ideaal vir kinders, daar is verskeie slange en kinders kan leer oor die gevare van slange.
Shelly Beach bied visvang, diepsee swem en bootry by Must-byt aan.
Pistols Saloon is net verby Ramsgate, dit bied aandete en is ideaal vir volwassenes.

Slaapplek

’n Bespreking by Seeskulp 2 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed Stapelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 4 persone
1 xDubbelbed
1 xStapelbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4 uit 5van 9 resensies vir Seeskulp 2
Netheid
4.0/5
Diens
3.8/5
Ligging
4.1/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
3.7/5

Ligging

  • Colin-straat 60, Uvongo, 4275, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Seeskulp 2 het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R550
per nag (plek vir 6)
Vanaf R550
per nag (plek vir 6)
Vanaf R550
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 08:00
  • Adres: Colin-straat 60, Uvongo, 4275, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDRiMDlkZmYyLTIwMDYtNDhmMy1iZWNlLTNmM2U0NzI1ZmYxYQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R550  per nag (plek vir 6) 9 5 1 4 60 Colin Street Uvongo 4275 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 08:00 -30.830646773043 30.398546623279
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za