Manaba Akkommodasie by Seester D | LekkeSlaap
+27
+27

Seester D

4 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R731 per nag (plek vir 6)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Seester D, Manaba, 4276, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Seester D is 'n selfsorg-eenheid in Manaba aan KwaZulu-Natal se Suidkus. Die Suidkus spog met pragtige strande, strandmere, rots-inhamme, grashellings, die Indiese Oseaan se lou water, immersonskyn, subtropiese woud, en plantegroei wat die skares veral in die feesseisoen lok.

Die eenheid het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer en die tweede slaapkamer het elkeen 'n dubbelbed. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die en suite-badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede badkamer word gedeel en het 'n bad en wasbak. Daar is ook 'n gastebadkamer met 'n toilet en wasbak. Plafonwaaiers is in al die slaapkamers en in die sitkamer beskikbaar.

Seester D het 'n oopplan-kombuis, -sitkamer en stoeparea. Die kombuis het 'n stoof, oond, yskas-vrieskas en mikrogolf. Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV met sekere DStv-kanale. Dit lei na 'n stoep met 'n etenstafel en braaigeriewe. Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad en braaigeriewe. Parkeerplek is beskikbaar vir 1 voertuig in 'n enkel-toesluitmotorhuis en dan is daar nog 'n motorhawe en parkeerplek vir 'n sleepwaentjie.

Slaapplek

’n Bespreking by Seester D sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Onderdakparkering

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 4 resensies vir Seester D
Netheid
4.5/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Seester D, Manaba, 4276, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Seester D het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R731
per nag (plek vir 6)
Vanaf R731
per nag (plek vir 6)
Vanaf R731
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Seester D, Manaba, 4276, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAHDMnYRGPGbiYOdD7XzcamdckiRQIgw5kUHl9Wv2kgniHii4bf4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R731  per nag (plek vir 6) 4 5 1 5 Seester D Manaba 4276 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-17:00 09:00 -30.853343 30.380555
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za