Pennington Akkommodasie by Selborne Park Golf Estate G28 | LekkeSlaap
+17
+17

Selborne Park Golf Estate G28

2 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R1 800 per nag (plek vir 6)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Selborne Park Golf Estate, Ou Hoofweg, Pennington, 4184, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Selborne Park Golf Estate G28 is 'n dubbelverdiepinghuis met 3 slaapkamers en 2 badkamers wat in 'n stil omgewing op die 12de skoonveld van die Selborne Park Gholflandgoed aan KwaZulu-Natalse Suidkus, sowat 70 km van Durban af, geleë is. Besoekers het toegang tot die puik gholfbaan wat deur Golfer's Digest as een van die 100 beste gholfbane aangewys is.

Gleneagles G28 bied gerieflike verblyf aan 6 gaste en beskik oor die volgende geriewe:

Op die onderste verdieping is daar 'n oopplan-sit en -eetkamer met 'n platskerm-TV met volledige DStv. Daar is 'n volledig toegeruste kombuis met moderne toebehore, soos 'n skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër en 'n mikrogolfoond. Verder is daar 'n gaste-badkamer. Die veranda het braaigeriewe en 'n uitsig oor die tuin en die pragtige gholfbaan. Daar is ook 'n enkeltoesluitmotorhuis en parkeerplek vir besoekers.

Op die boonste verdieping is die ruim 'n hoofslaapkamer met volledige en suite-badkamer en balkon met 'n uitsig oor die gholfbaan. Daar is ook 'n TV met DStv. Die tweede en derde slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens en deel 'n ruim, volledige badkamer ('n bad en 'n aparte stort)

Selborne Gholfbaan het sy eie privaat strandklub op Pennington Beach (sowat 8 minute se ry). Die strandklub het 'n parkeerterrein met sekuriteit, 'n privaat swembad met storte, braai-area en veilige toegang tot die strand.

Daar is ook 'n tennisbaan op die landgoed en 'n hotel met 'n restaurant, gesondheid-spa en 'n swembad. Die luisterryke fauna, flora, stroompies en mere rond die prentjie perfek af. 'n Kristalhelder swembad vir besoekers is oorkant die skoonveld geleë, net 'n paar minute se stap van die eenheid af.

Slaapplek

’n Bespreking by Selborne Park Golf Estate G28 sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gimnasium

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 2 resensies vir Selborne Park Golf Estate G28
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Selborne Park Golf Estate, Ou Hoofweg, Pennington, 4184, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Selborne Park Golf Estate G28 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Selborne Park Golf Estate, Ou Hoofweg, Pennington, 4184, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDg4MjFlMTgwLTM0OGMtNDZjNS1hNGE5LTlhZDlmMjFhNDk5Yw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 800  per nag (plek vir 6) 2 5 1 5 Selborne Park Golf Estate Old Main Road 4184 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -30.374475231854 30.676975917816
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za