Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Semane Lodge

  • Kapasiteit: 32 persone
  • Inkloktyd: 11:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Semane Lodge, Onderkouga, Joubertina, 6410, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R800 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Semane Lodge is geleë in die Oos-Kaap in Mbewu Fields. Dit is op die rant van die Baviaanskloof, aan die oewer van die Kougarivier. Mbewu Fields is in die enorme Baviaanskloof Mega Reservaat geleë, 'n asemrowende Wêrelderfenisgebied. Die omgewing is het ’n oorvloed inheemse fauna en flora en is welbekend vir sy biodiversiteit.

Verskeie selfsorgverblyf-opsies word aangebied. Die luukse Semane Lodge Hoofhuis het slaapplek vir 2 tot 15 gaste. Die knus kothuise is geskik vir 2 tot 4 gaste. Die lang huis het gemeenskaplike geriewe en slaapplek vir 10 gaste in 5 aparte slaapkamers met 1 of 2 gaste per kamer. Kombuistoebehore en geriewe soos 'n stoof of gas-kookgeriewe, yskas, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, eetgerei, breekware en braaigeriewe is beskikbaar en linne is ingesluit.

Daar is 'n ongelooflike aantal voëls in die omgewing, vis in die Kougarivier en fynbos op die heuwels. Koedoes, klipspringers, bobbejane en luiperds word gereeld in die omgewing gewaar. Die Kougarivier kronkel deur Mbewu Fields en voorsien 'n kalmerende atmosfeer soos die water rustig oor die wit rivierklippe kabbel. Daar is natuurpoele waar jy kan swem, en jy kan kajakvaarte geniet, tjoepry of selfs bietjie baars of katvis vang. Let asb. op: Mens moet 'n grondpad ry om by die verblyf uit te kom. Doen asb. navraag oor die toestand van die pad voor jy bespreek.

Die omgewing bied uitstekende geleenthede vir voetslaan, rots- en bergklim en daar is 'n hele aantal 4x4-roetes. Te danke aan die ongerepte omgewing kan mens die asemrowende Melkweg bewonder soos dit saans die hemelruim ophelder.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Xhosa

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 37 resensies vir Semane Lodge
Netheid
4.2/5
Diens
4.1/5
Ligging
4.1/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
4.2/5

Ligging

  • Semane Lodge, Onderkouga, Joubertina, 6410, Oos-Kaap
  • Gaste dink Semane Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Tsitsikamma Oos-Kaap
Vanaf
Vanaf R800
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R800
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 32 persone
  • Inkloktyd: 11:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Semane Lodge, Onderkouga, Joubertina, 6410, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0e5d3b5694af017251c39c2e762fc635c1ddcda9dfe08bd034d160536a6ae555014ce4726ed51cc87b21859251de1d7f57b8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag, vir 2 mense 37 5 1 5 Semane Lodge Onderkouga 6410 Oos-Kaap 021 201 8901 11:00-22:00 10:00 -33.745940420953 23.845457732677