Serendipity Apartment Knysna

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Serendipity Apartment Knysna bied selfsorgverblyf in Costa Sarda langs Knysna se skilderagtige strandmeer. Dit is net 5 minute se ry vanaf Knysna se middedorp en die waterfront, en ook lekker sentraal op die Tuinroete.

Ons bied verblyf in Serendipity Apartment, 'n tweeslaapkamerwoonstel met slaapplek vir 4 mense, en Garden Queen Room, wat aan die woonstel vas is en slaapplek vir 2 mense het. Die tuinkamer is ideaal vir ekstra gaste of vir 'n paartjie wat op soek is na 'n vinnige wegbreekplek.

Die woonstel het 'n hoofslaapkamer met 'n koninggrootte-bed en daar is 2 enkelbeddens in die tweede kamer. Daar is 'n stort in die badkamer. Die woonstel het 'n oopplan-kombuis en sitarea. Die kombuis is volledig toegerus en beskik oor 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, en 'n mikrogolfoond. Die ontbyttoonbank het 3 kroegstoele. Die sitkamer het 'n gemaklike rusbank, leerstoel, en 'n TV met sekere DStv-kanale. Verder is daar 'n privaat dek met 'n Weber-braai en 'n tafel en stoele.

Die Garden Room het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Dié kamer is ook toegerus met 'n TV, yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe. En dit maak oop op 'n privaat dek met sitplek en 'n uitsig oor die tuin.

The Garden Queen Room en Serendipity Apartment kan aaneengeskakel word vir 'n groep van 6. Serendipity Apartment is direk oorkant Serendipity Townhouse. Bespreek gerus altwee vir 'n groep van 8. Stel ons asb. in kennis van jou behoeftes wanneer jy bespreek.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Fietsry

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Serendipity Apartment Knysna gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R500 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false