Houtbaai Akkommodasie by Serendipity at No 19 | LekkeSlaap
+16
+16

Serendipity at No 19

1 resensie
Selfsorg
  • Vanaf R1 200 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Scottsville-singel 19, Scott Estate, Houtbaai, 7806, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 4

Beskrywing

Serendipity at No 19 is 'n bekoorlike selfsorgwoonstel wat aan die oewer van die Baviaansrivier in die stil Scott Estate-buurt in Houtbaai geleë is. Die woonstel is gemeubileer en ingerig met alles wat jy sal nodig kry vir 'n rustige wegbreek en kan as vertrekpunt dien as jy Kaapstad wil verken.

Serendipity at No 19 het 'n privaatingang en bied slaapplek vir 4 gaste. Dit beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer, 'n kombuis, eet- en leefarea. Die slaapkamer is op die onderste verdieping en is ingerig met 'n koninggrootte-bed, wat in 2 enkelbeddens omskep kan word, en 'n en suite-badkamer.

Die kombuis, eetarea en leefarea is op die boonste verdieping. Dit is volledig toegerus vir selfsorg met 'n mikrogolfoond, 'n oond en 'n stoof, 'n yskas-vrieskas, skottelgoedwasser en ander kleiner toebehore. Daar is 'n wasmasjien, 'n strykyster en 'n strykplank. Die eetarea is die ideale plek om 'n maaltye te geniet wanneer die weer sleg is, of dit kan as 'n werkstasie dien. Daar is ook hoëspoed WiFi in die leefarea so gaste kan lekker opvang met diegene wat by die huis agtergebly het. Die leefarea het 'n dubbelslaapbank en nog 'n rusbank, asook 'n TV met 'n redelik uitgebreide verskeidenheid DVD's, 'n versameling boeke en dagbeddens. Die hoofbadkamer op die boonste verdieping het 'n stort.

Daar is 'n privaat tuin met buitemeubels en 'n braai indien gaste bietjie in die son wil ontspan en die uitsig op die berg wil geniet. Parkeerplek is beskikbaar in die straat voor die perseel.

Slaapplek

’n Bespreking by Serendipity at No 19 sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelslaapbank
Area 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelslaapbank

Kenmerke

Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Skoonheidskliniek
  • Spa-behandelinge
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Serendipity at No 19
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Scottsville-singel 19, Scott Estate, Houtbaai, 7806, Wes-Kaap
  • Gaste dink Serendipity at No 19 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 200
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 200
per nag (vir 2 persone)
VEILIGE BETALING VIA
LEKKESLAAP.CO.ZA
Vanaf R1 200
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Scottsville-singel 19, Scott Estate, Houtbaai, 7806, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 4
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDhjZDQ2M2VkLWQ1YWEtNDM1MC05NzgxLTAzNjVjYzEwMmRiZg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 200  per nag (vir 2 persone) 1 5 1 5 19 Scottsville Circle Scott Estate 7806 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.04273 18.36557
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za