We are bilingual! Pick your language: Ons is tweetalig! Kies jou voorkeurtaal:
 by Serengeti 13 | LekkeSlaap
+11

Serengeti 13

Selfsorg
Spesiale Aanbod

Kry 20% af. Geldig vir verblyf vanaf 25 Jul 2022 tot 30 Sep 2022.

  • Kapasiteit: 3 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sabiestraat 2, Serengeti Apartments, Bellville, 7530, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R995 R796 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

Serengeti 13 is 'n lieflike woonstel wat net 1 km vanaf Tygevallei-winkelsentrum geleë en naby Bill Bezuidenhout-straat is. Dit bied maklike toegang tot die N1 wat na verskeie besienswaardighede in Kaapstad lei. Dit is ook naby talle prentjiemooi-wynlandgoedere in Durbanville en die Grand West-kasino wat 11 km ver is.

Die woonstel bied slaapplek aan 3 gaste in 1 slaapkamer, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed met perkal-katoenlinne en daar is nog 'n enkelbed in die sitarea waarop 'n derde gas kan slaap. Die badkamer het 'n stort-oor-bad, toilet en wasbak.

Die kombuis is met 'n vierplaatstoof, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n toonbank met stoeltjies. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV teen die muur wat sekere DStv-kanale het. Gratis WiFi word voorsien.

Gaste kan rustig in die veilige kompleks verkeer wat 'n swembad, braaigeriewe en wasgoedgeriewe het. Daar is 1 skaduparkeerplek aan die woonstel toegeken.

Slaapplek

’n Bespreking by Serengeti 13 sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 5 resensies vir Serengeti 13
Netheid
5.0/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Sabiestraat 2, Serengeti Apartments, Bellville, 7530, Wes-Kaap
  • Gaste dink Serengeti 13 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R995
R995 R796
per nag (plek vir 3)
Vanaf R995
R995 R796
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sabiestraat 2, Serengeti Apartments, Bellville, 7530, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA627c81719d56372137bec56dcaa14443b63a6ed3ddad3cb09b08e23c4a9be596bd8a52c450513fdbfea22b3c7bc437289433?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R995, nou Vanaf R796  per nag (plek vir 3) 5 5 1 5 2 Sabie Street Serengeti Apartments 7530 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.878505428394 18.643096095562
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!

Stem vir ons in die World Travel Awards!

stem
stem