Serenity

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Serenity is 'n selfsorgvakansiehuis in Langebaan, 'n dorpie aan die Kaapse Weskus wat bekend is vir sy pragtige strandmeer. Langebaan is 'n gemaklike uur se ry van Kaapstad af en dien as die ideale basis om die oorvloed besienswaardighede aan die Weskus te sien.

Dié drieslaapkamerhuis het slaapplek vir tot 9 mense en beskik oor 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, 'n enkelbed en 'n en suite-badkamer, terwyl die tweede slaapkamer 'n dubbelbed, en die derde slaapkamer 'n dubbelbed en 'n stapelbed het. Linne en word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie bad-
en strandhanddoeke saambring.

Die huis beskik ook oor 'n kombuis, sitarea en 'n eetarea. Die kombuis is goed toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas en 'n mikrogolfoond. Die eetarea het sitplek vir 8 gaste en 'n ingeboude braai-area, terwyl die sitarea gemaklike sitplek en 'n TV met 'n volledige DStv-pakket bied. Daar is parkeerplek van die straat af beskikbaar vir 2 voertuie.

Slaapplek

'n Bespreking by Serenity sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 4 persone
1 x Dubbelbed
1 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Fietsry
  •  Swem

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Serenity gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 200 per nag (plek vir 9)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false