Serenity Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Serenity Guesthouse is op die oewer van die Vaalrivier in die Vrystaat geleë, sowat 30 minute vanaf Klerksdorp. Serenity bied gerieflike verblyf in 'n gastehuis, sowat 10 minute vanaf die Vaalrivier Bootklub en die AngloGold Ashanti-myne. Die gastehuis bied 'n lieflike jetty wat oor die rivier kyk.

Akkommodasie word in 3 gastekamers gebied, elkeen met 'n badkamer met 'n stort, 'n yskassie en 'n waaier. Die eenslaapkamer-chalet het 'n volledig toegeruste kombuis en 'n TV met OpenView en 'n DVD-speler. Elke kamer het ook 'n TV met OpenView. Draagbare braaigeriewe is beskikbaar. Daar is 'n vasgestelde spyskaart en maaltye kan vooraf teen 'n ekstra koste gereël word.

Gaste het toegang tot privaat parkeerplek vir voertuie en waentjies op die perseel. Doendinge sluit visvang en kanovaarte in en bordspeletjies is beskikbaar. Daar is 'n plonspoel vir warm somersdae. Geen dagbesoekers word toegelaat tensy hulle deur gaste genooi is nie en 'n klein fooi geld dan. Orkney is sowat 7,8 km van die gastehuis af en Viljoenskroon is 50 km ver..

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands
  •  Vlaams
  •  Duits

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Serenity Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R450 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za