Serenity Villa at Pinnacle Point Golf

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Serenity Villa at Pinnacle Point Golf is 'n selfsorg-vakansiehuis in die gesogte Pinnacle Point Golf and Beach Estate. Dié huis het slaapplek vir 8 gaste en bied gemaklike verblyf ver weg van die stad se gejaag en geraas.

Serenity Villa het 4 slaapkamers en 4 badkamers. Die eerste en tweede slaapkamers het elkeen 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die derde en vierde slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens en deel 'n volledige badkamer.

Die kombuis en leefarea het 'n oopplan-uitleg. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n skottelgoedwasser, 'n wasmasjien en 'n ontbythoekie in. Die eetarea het 'n groot eetkamerstel vir 10.

'n TV met DStv-Extra View is in die leefarea beskikbaar, maar DStv-Premium is gratis vir verblyf van meer as 14 dae en dit kan gereël word vir korter besprekings teen ekstra koste. Die leef- en eetarea het elkeen 'n gas-kaggel om die winterkoue af te weer.

Die leefarea bied toegang tot 'n stoep met buite-meubels en 'n gas- en Weber-braai. Daar is ook 'n swembad met sonstoele.

Veilige onderdak-parkeerplek is beskikbaar by die huis en daar is 24 uur-sekuriteit in die kompleks. Gaste het ook toegang tot 'n gholfkarretjie met sitplek vir 4 vir verblyftydperke van langer as 14 dae. Die karretjie kan gehuur word vir korter verblyftydperke.

Ons pragtige, luukse huis is in die Pinnacle Point Landgoed. Dit bied uitsigte oor die gholfbaan, fynbos en die see. Buiten die gholf en die gholfklub se restaurant en kroeg, het die landgoed ook 'n spa, gemeenskaplike swembad en speelarea. Die Garden Route Casino is ook langs die landgoed geleë.

Doendinge in Mosselbaai: Diaz Museum, die waterpark by Diaz-strand, surf, walviskyk, visvang, skubaduik, en helikoptervlugte.

Slaapplek

'n Bespreking by Serenity Villa at Pinnacle Point Golf sluit in:

1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Ondervloerse verhitting

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Skoonheidskliniek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Frans
  •  Spaans

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Kaggel
  •  Ondervloerse verhitting

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  DVD-speler
  •  Witborde
  •  Kantoorgeriewe
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Videospeler

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Serenity Villa At Pinnacle Point Golf gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R6 500 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false