Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Serondela Lodge

Lodge
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kabuabula-wildbewaring, Serondela Lodge, Kabulabula, 0000, Zambezi
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R8 000 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Serondela Lodge is aan die Namibiese oewer van die Choberivier geleë oorkant die bekende Chobe Nasionale Park wat noue ontmoetings met wild verseker. Dié area is bekend vir sy troppe olifante en Kaapse buffels wat saamkom langs die Choberivier in die droë maande. Die lodge is padlangs sowat 17 km vanaf Kasane in Botswana en sowat 25 km met die boot. Die lodge is in Kabulabula-bewaring gebou en word seisoenaal 'n eiland.

Die Chobe en Zambezi se oorstromings kan baie hoog wees en die pad vanaf Ngoma na Serondela Lodge is oorstroom en die die meeste van die tyd gedurende die jaar nie toeganklik nie. Die gratis bootrit vanaf Kasane is self 'n unieke ondervinding waar wild besigtig word. Vertrektye is tussen 14:00 en 15:00 by die Kasane se immigrasie-jetty. Die tydperk van die rit verskil vanaf die optel en die aflaai. Met aankoms by die lodge sal die optel-bootrit 'n waarnemingsbootrit wees en kan tussen 2 en 3 ure neem. Met vertrek sal daar 'n direkte bootrit wees tot Kasane en sal slegs 1 uur duur. Indien gaste buite die vasgestelde tye moet afgehaal word, sal dit teen 'n ekstra koste wees.

Die lodge het 7 chalets en 1 gesinschalet. Die chalets kyk uit oor die rivier en bied asemrowende uitsigte en eindelose geleenthede vir foto's. Die chalets op die hoë grond gebou en kyk uit oor die oewer van die Choberivier; die balkonne met die suidwes-aansig kyk uit oor die Serondela-area, bekend vir die troppe olifante en ander diere wat daar kom eet en drink. Die gesinschalet is geskik vir 'n gesin van 4. Elkeen van die 7 chalets het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer.

Die lodge spog met 2 leefareas en 'n eetarea in die hoofgebou, op 'n verhoogde dek, met lieflike uitsigte oor die rivier. Die lodge het ook 'n kroeg, gratis WiFi en 'n swembad, ideaal vir daardie warm somersdae.

Kenmerke

Swembad
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Swembad
  • Gastesitkamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Ligging

  • Kabuabula-wildbewaring, Serondela Lodge, Kabulabula, 0000, Zambezi
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Zambezi Namibië
Vanaf
Vanaf R8 000
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R8 000
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kabuabula-wildbewaring, Serondela Lodge, Kabulabula, 0000, Zambezi
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA01a0eff73d4eefda243e832b6b1add82e2b219bdefb38c5fd3743ade241407fd08a12d005447fef2321ca0cf67a8cfc1ba3a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R8 000 per nag, vir 2 mense Kabuabula Conservancy Serondela Lodge 0000 Zambezi 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -17.832289454026 25.010431990825