Settler Sands 75

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Settler Sands 75 is in Beachfront, Port Alfred geleë en bied slaapplek aan 4 gaste. Dis stapafstand van West Beach af.

Die dubbelverdieping-eenheid het 2 slaapkamers en badkamers op die boonste verdieping. Die hoofslaapkamer het ’n dubbelbed en ’n see-uitsig. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Linne, badhanddoek en seep word voorsien, maar gaste moet hulle eie skottelgoedwasmiddels saambring.

Die oopplan-kombuis is toegerus met ’n stoof en oond, mikrogolf, yskas, wasmasjien, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is ’n etenstafel en gaste kan in die sitarea voor die Slim-TV ontspan. DStv (Catchup) is beskikbaar en gaste is welkom om hul eie dekodeerder en slimkaart saam te bring. Daar is ook 'n DVD-speler en WiFi. Skoonmaakdienste is op versoek, teen 'n ekstra koste beskikbaar.

Die eenheid lei na ’n patio met ingeboude braaigeriewe, en daar is parkeerplek vir 1 voertuig onder ’n motorafdak. Die omheinde agterplaas het ’n wasgoedlyn en varswatertenk. Let asb. daarop dat die eenheid via trappe bereik word en moontlik nie geskik is vir kindertjies, bejaardes of gaste met gestremdhede nie.

Slaapplek

'n Bespreking by Settler Sands 75 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Settler Sands 75 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 400 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false